JY IS LIEFDE
Athandwa se hart is anders as ander mense s’n. Vir so lank as sy kan onthou, kan sy haar hart hoor sing. Eers maak dit haar ‘n bietjie bang. Hoekom is sy so vreemd? Maar toe sy haar hart probeer stilmaak, ontdek Athandwa ‘n geheim – en ‘n baie spesiale liedjie … een wat Mamma, Gogo en Khokho ook ken.
Jy is liefde is ‘n liriese verhaal oor hoe liefde en ons uniekhede ons oor generasies heen bind. Die boek is ook beskikbaar in isiZulu, Sepedi en Engels.